Loading...

Wildplaasbestuur

Northern Cape Nature Academy bied vir passievolle, jongmense die geleentheid om hul passie om te sit in ‘n loopbaan-rigting wat nie net hulself gelukkig maak nie, maar ook ‘n geweldige bydrae lewer tot die bewaring van ons natuur as ‘n geheel. Bewaring begin by jouself en in jou eie omgewing, sodat jy ‘n verskil aan die “groter prentjie” kan maak.

Ons hoof doel is om jongmense te ontwikkel wat ‘n positiewe bydrae kan lewer tot ons wildlewe en die bewaring van elke spesie. Met die unieke kursus deur Northern Cape Nature Academy is die taak halfpad gewin. Ons kursus is geskryf vir ons area, die Noord-Kaap, maar ook van toepassing in elke ander provinsie.

Wildplaasbestuur is ‘n geakkrediteerde kursus en na die suksesvolle voltooiing van die kursus, ontvang elke student ‘n Wildplaasbestuur kwalifikasie. Hierdie kursus sluit teoretiese- en praktiese opleiding in.  Studente kry ook die geleentheid om uit geplaas te word na verskeie wildplase in ons omgewing om hul soveel moontlik blootstelling in die werkplek te bied. Hierdie praktiese blootstelling bied ook die geleentheid om ‘n netwerk met rolspelers te bou wat kan lei tot moontlike werksaanbiedinge.

Al die rolspelers betrokke by die opleiding van hierdie jongmense, het jare se ondervinding en gaan werklik uit hul pad om te belê en terug te ploeg in hierdie jongmense.  Ons poog om elke student so DIVERS moontlik op te lei dat hulle ‘n aanwins op enige vlak van die besigheid kan wees. Ons glo met goeie kennis en praktiese opleiding in alle fasette van die besigheid, kan ‘n student “iets anders na die tafel bring”.

Ons glo ook om studente op te lei in belangrikke waardes en eienskappe wat nodig is om ‘n sukses van enige iets in die lewe te maak.  Hierdeur ontwikkel elke indvidu trots, integriteit, leierseinskappe en goeie kommunikasie vermoë. Om in die lewe sukses te behaal, moet jy 80% daarvan net “OPDAAG”. Dus moet elke student hom/haar oop maak vir opleiding en deel neem aan alles.

 

Wanneer studente uit geplaas word na wildplase, vorm hulle deel van die werksomgewing en val in by die reëls van die betrokke plaas.  Hier kry hulle praktiese ondervinding onder leiding van die bestuur van die plaas. Dit sluit alles in rondom die algehele bestuur van ‘n wildplaas: Water en voeding in wild, die vangs en verskuiwing van wildspesies, bemarking, veldbestuur, instandhouding van infrakstuktuur en beheer van probleem diere en plante.

Verskillende plase doen dinge op verskillende maniere en dis belangrik vir ‘n jongmens om verskeie maniere te aanskou, sodat hy/sy weet wat die voor- en nadele van verskeie metodes inhou.

 

Leermateriaal sluit die volgende in, maar is nie beperk nie:
• Inleiding tot die Wildbedryf in Suid-Afrika
• Die wildplaas as ‘n ekosisteem
• Wildvang en die verskuiwing van wild
• Probleem-dier beheer
• Slag van wild
• Instandhouding van infrastruktuur
• Administrasie en Bemarking
• Etiket
• Habitat bestuur
• Hoëwaarde wild in Suid-Afrika
• Wild Voeding
• Siektes in wild
• Weidingskapasiteit

HIERDIE KURSUS SAL JOU LEWE VERANDER.