Loading...

Northern Cape Academy
Veldgids, Lodge- en Wildplaasbestuur Kursus

Northern Cape Nature Academy is geleë in die Noord-Kaap provinsie, 115km van Kimberley.

Veldgids kursus
Geakkrediteerde Veldgids kwalifikasie

Die ideale kursus vir iemand met ‘n besonderse liefde vir die natuur en buitelewe. Hier leer jy om gaste te begelei op wildritte en staptoere in ‘n natuurlike omgewing.

Lodgebestuur

Die Lodgebestuur kursus is eie aan Northern Cape Nature Academy en is so onwikkel om elke leerder toe te rus met die nodige kennis en ook praktiese vaardighede.

Wildplaasbestuur
Geakkrediteerde kwalifikasie in Wildplaasbestuur

Vir elke jong man en dame wat ‘n passie het vir die plaas en ook wildlewe, is hierdie kursus jou beste opsie. Dit verskaf goeie teoretiese opleiding en ontwikkel ook praktiese vaardighede wat nodig is in die werkplek. Die wildbedryf in Suid-Afrika is een van die vinnig-groeiende aspekte van die Landbousektor en daarom is jong, passievolle mense nodig om die werk te kan voortsit. Die kursus is eie aan Northern Cape Nature Acsdemy en praktiese uitplasings na wildplase is van kardinale belang, sodat elke leerder die beste, moontlike ondervinding kan kry.

IMG_20200303_214949_358

Jongmense met trots en eer

Hoekom Northern Cape Nature Academy?

Northern Cape Nature Academy is ‘n professionele opleidings instansie wat spesialiseer in die opleiding van verskeie kursusse o.a. Veldgids, Lodge- en Wildplaasbestuur. Ons hoof doel is om jongmense op te lei om ‘n daadwerklike verskil in die bedryf mee te bring.  Ons glo in sterk waardes, praat Afrikaans en lei elke student op binne ‘n veilige omgewing. Om elke student te ontwikkel tot die beste van wat hy/sy kan wees word hoog geag.

Teoretiese en praktiese opleiding

Ons doel is om elke individu WERK-GEREED te kry en gelukkig vir jou, is dit ons PASSIE. Hoe doen ons dit? Deur goeie kennis en praktiese blootstelling binne die werkplek. Elke student word binne hierdie opleidingstydperk geplaas op verskeie wildplase en lodges om soveel moontlik praktiese ondervinding te kry. Om werklik die omvang van die bedryf te verstaan, is dit vir ons belangrik om dit reeds in opleiding al aan elke student te openbaar. Studente wat hierdie kursus suksesvol voltooi, sal in staat wees om ‘n loopbaan te begin na afloop van die kursus en jy sal ook ‘n aanwins wees vir enige besigheid.

Northern Cape Nature Academy
Jongmense met Trots & Integriteit

Waar passie en’n
loopbaan EEN word

Northern Cape Nature Academy, ‘n opleidings instansie waar ons strewe om elke kursus so aan te bied dat studente gemotiveerd en doelgerig is, om hulle drome te bewaarheid. Hier vind ons onsself, leer hard, ontwikkel jongmense met visie, maak vriende en geniet die natuur soos dit aan ons toevertrou is.

Northern Cape Nature Academy
Facebook