Loading...

Veldgids Kursus

Die kursus word aangebied deur Bennet De Klerk (Motsumi Bush Courses), ‘n fasiliteerder met jarelange gids-ondervinding en ‘n passie soos min vir die bos. Northern Cape Nature Academy verskaf die fasiliteit vir hierdie besonderse kursus.

Die kursus bestaan uit teorie en dan ook praktiese opleiding wat insluit: Om gaste uit te neem op wildritte en begeleide staptoere. Die leermateriaal sluit verskeie modules in: Van grasse, voëls en insekte tot weer & klimaat, sterre, soogdiere, ekologie en diere gedrag. Hierdie kursus sal elke aspek van die natuur vir jou ‘n ander, meer interessante wyse openbaar.  Dit bevorder nie net die individu se veldkennis nie, maar ook belangrikke eienskappe soos persoonlike netheid, deurstettingsvermoë, effektiewe kommunikasie en interpretasie.

Die kursus word aan die begin van die jaar aangebied en strek oor ‘n periode van 50 dae, waarna ‘n student ‘n geakkrediteerde Veldgids kwalifikasie ontvang sou hy/sy die kursus suksesvol slaag.

Dit le ook ‘n goeie basis vir die kursusse wat daarna volg, want eers wanneer ons weet wat in die natuur is en hoe dit werk, kan ons dit BESTUUR.

Gedurende die kursus besoek ons ook ander besienswaardighede in ons omgewing wat verband hou met die opleiding bv. Kimberley Groot Gat en die McGregor museum.

Vir elke jongmens wat die bedryf wil betree … Hierdie is ons vertrek-punt. Welkom by die reis van Northern Cape Nature Academy!

Veldgids Kursus leermateriaal bestaan uit die volgende:

• “Introduction to Guiding in a natural environment”
• “Creating a guided nature experience”
• “Geology”
• “Astronomy”
• “Weather and Climate”
• “Ecology”
• “Taxonomy”
• “Biomes”
• “Trees, shrubs and Grasses”
• “Arthropods”
• “Amphibians”
• “Reptiles”
• “Fish”
• “Birds”
• “Mammals”
• “Animal Behaviour”
• “Conservation and Human Habitation”

Die opleiding word hoofsaaklik in Engels gedoen, omdat die Toerisme-industrie floreer met buitelandse gaste wat Suid-Afrika gereeld besoek.