Loading...

Northern Cape Nature Academy
Addisionele Opleiding

Hierdie kursusse is nie verpligtend nie, maar word aanbeveel.

Spoorsny en Veldtekens:

In ‘n 10-dag kursus leer studente die oer-oue kuns van Spoorsny en ontsluit die vaardighede wat nodig is om tekens in die veld te interpreteer. Die kursus word aangebied deur Bennet De Klerk (Motsumi Bush Courses) en assesering word gedoen deur Adriaan Louw, ‘n “Master Tracker”. Hierdie kursus bevorder veld vaardigehede wat ‘n groot voordeel vir jou loopbaan is en word sterk aanbeveel vir enige persoon wat inskryf vir die volledige kursus van Northern Cape Nature Academy. Die kursus word gedoen in die tydperk wat studente ingeskryf is, om sodoende alle opleiding vir die student af te handel, sodat hulle nie na die kursus weer hoef terug te keer vir verdere opleiding nie.

 

Vuurwapen opleiding vir aansoek om bevoegdheid:

Die 2-3 dag kursus word aangebied deur “Ou Looiery Shooting Range and Firearm Training” vir studente wat graag wil aansoek doen vir Wapenbevoegdheid.