Loading...

Kampus Fasiliteite van Northern Cape Nature Academy:

‘n Volledige uiteensetting van die fasiliteit, asook wat elke student benodig gedurende die kursus, sal verskaf word.

Verblyf:

Netjiese, ruim kamers wat gerieflik twee persone kan akkommodeer.

Etes:

Ontbyt en aandetes word daagliks voorsien en is ingesluit in die totale koste van die kursus.

Lesing lokaal:

Die lokaal waar alle opleiding plaasvind is ten volle toegerus en ingerig tot die gemak van elke student.

Uniform:

Uniform word daagliks gedra vir eenvormigheid en dissapline en is ook ingesluit in die totale koste van die kursus. Dit word oorhandig met die aanvangs van die kursus.

Uniform sluit in:

4 x Golf hemde
3 x Netjies hemde wat dien as “uitgaandrag”
1 x Warm baadjie
1 x Hoed

Internet toegang:

Internet kaartjies is te koop vir maklike en vinnige internet-gebruik.

Snoepie:

Ligte middagetes, koue koeldrank en ander lekkernye word verkoop.

 

Akkommodasie en alle ander kursus geriewe is van ‘n hoĆ« gehalte om te verseker dat elke student die beste moontlike opleiding kry in hierdie tydperk.