Loading...

Lodgebestuur & Veldkombuis

“To make an income while making an impact”

Hierdie kursus is eie aan Northern Cape Nature Academy en die mees belangrikke aspekte van die Lodge-bedryf, asook die bestuur van elke afdeling binne die besigheid word hierin vervat. Hierdie kursus is baie belangrik, omdat dit grotendeels fokus op die besigheidsaspek van die bedryf.

Studente kry ook die geleentheid om by verskeie lodges te werk vir praktiese ondervinding.  Dit gee elke persoon die geleentheid om die werkplek te leer ken, ‘n goeie netwerk op te bou met verskeie rolspelers en vir hulself ‘n weg oop te baan wat moontlike werksgeleethede inhou.

Ons groot doel hier is om elke student so divers moontlik op te lei, sodat hy/sy ‘n goeie algemene kennis het van elke aspek van die Lodge.  Dit word gedoen deur ervare instrukteurs en mense wie se jarelange passie dit is.

Studente leer ook om in die buitelug op die vuur vir kliënte kos voor te berei en te bedien. Hierdie is ‘n baie handige vaardigheid om te hê en belangik om te bemeester.

Hierdie praktiese blootstelling en ondervinding is wat van onskatbare waarde vir elke jongmens sal wees.