Loading...

Noord-Kaap Natuur Akademie Geriewe:

Noord-Kaap Natuur Akademie beskou studente verblyf en kursus geriewe
as belangrike deel van natuur bestuur opleiding en doen dus baie moeite om die standaard hoog te hou.

Verblyf:

Dit bestaan uit ‘n kamer en badkamer.
Elke kamer is toegerus met ‘n bed, kas, yskas en mikrogolf.

Noord-Kaap Natuur Akademie verblyf

Noord-Kaap Natuur Akademie verblyf

Die badkamer het ‘n stort, wasbak en toilet.

 

Noord-Kaap Natuur Akademie

Noord-Kaap Natuur Akademie


 

Etes:

‘n Toegeruste eetsaal bedien ontbyt en aandete, wat ingesluit is by die koste van die kursus.

 

Opleidings lokale:

Daars is twee opleidings lokale: Die rekenaarlokaal is toegerus met 8 rekenaars met die nodige programme wat gebruik word in die kursus, asook internet.

Die lesinglokaal is waar meeste van die opleiding plaasvind, deur die fasiliteerder, asook studente.

Uniform:

Uniform is belangrik in terme van eenvormigheid en dissipliene.
Die studente ontvang uniform vir elke dag van die week.

Noord-Kaap Natuur Akademie Studente drag sluit in:

5 x golf hemde hoofsaaklik vir die week.
3 x netjies hemde vir die naweek se dienswerk of dien as uitgaandrag.
1 x “fleeze pull-over”.
1 x warm baadjie.
1 x pet.
1 x rugsak.

Die Noord-Kaap Natuur Akademie uniform is belangrik in terme van eenvormigheid en dissapline.

Voertuie:

Die Noord-Kaap Natuur Akademie besit ‘n wildrit voertuig

Wildrit voertuig

Wildrit voertuig

vir die oplei van die studente en ook ‘n bussie

Noord-Kaap Natuur Akademie bussie

Noord-Kaap Natuur Akademie bussie

wat die studente vervoer na verskillende plekke waar daar opleiding aangebied word.