Loading...

WILDPLAASBESTUUR

As ons kyk na die Noord-Kaap as sulks, kom ons agter dat die wildbedryf absoluut sy merk gemaak het in ons provinsie.

Toerisme oor die algemeen is nog nie ontgin en benut tot sy volle potensiaal nie, miskien omdat die boere hoofsaaklik op die jag bedryf fokus of dalk net vir die rede dat daar nie werklik GOED GEKWALIFISEERDE personeel is nie. ‘n Wildplaas/ lodge kan slegs vooruit gaan as sekere faktore 100% in plek is en een daarvan is opgeleide personeel.

Die Noord-Kaap Natuur Akademie het hierdie behoefte gesien en ‘n kursus saamgestel vir jongmense wat hulself in hierdie rigting wil kwalifiseer.

Die kursus het sy eie geakkrediteerde handleidings wat aan elke student voorsien word en die opleiding bevat hope praktiese ondervinding binne hierdie tydperk.

Suksesvolle wildsplase en reservate in die omgewing dra by tot kwaliteit praktiese opleiding en voorsien geleenthede aan die studente waar hulle werklik in diepte te doen het met sekere aspekte rakende die wildbedryf nl. Wildvangste, hetsy dit met bomas en helikopters is of met die pyling van hoë waarde wild soos swartwitpense en buffels.

Wildplaas Bestuur Kursus

Wildplaasbestuur Kursus


Wildplaasbestuur Kursus

Wildplaasbestuur Kursus


Wildplaasbestuur Kursus

Wildplaasbestuur Kursus

Noord-Kaap Natuur Akademie Wildplaasbestuur Kursus is baie spesifiek, met die handleidings en gepaardgaande opleiding wat ontwikkel is met die fokus op die Noord-Kaap omgewing. Die kursus berei studente voor vir bestuur en besluitneming in veral hierdie area.

Wildplaasbestuur Kursus

Wildplaasbestuur Kursus


Wildplaasbestuur Kursus

Wildplaasbestuur Kursus

Die kursus bied ook die geleentheid om van die top wildboere in die omgewing te ontmoet en te sien hoe elkeen anders funksioneer en bied dus eerste handse kennis van die bestuur daarvan.

Noord-Kaap Natuur Akademie Wildplaasbestuur Kursus sluit die volgende in:
• Inleiding tot die kursus
• Ekosisteme, energievloei
• Wildvang n pyl
• Probleemdier beheer
• Slag van wild
• Instandhouding van infrastruktuur
• Administrasie en bemarking
• Etiket
• Habitat bestuur
• Wild bestuur
• Teling van hoëwaarde wild
• Wild voeding
• Parasiete en siektes
• Drakrag