Loading...

Natuur en Veldgids

Die Noord-Kaap Natuur Akademie verskaf slegs die opleidings fasiliteit vir hierdie besonderse kursus

Die Veldgids kursus is maar een van die kursusse wat hier aangebied word en verseker een van die grootste en mees belangrikste vir enige passievolle persoon wat ‘n suksesvolle toekoms in hierdie industrie wil verseker.

Opleiding hierin strek van grasse, bome en insekte tot weer & klimaat, sterre en diere gedrag. Dit dek alles in die natuur op ‘n basies tot gevorderde vlak.

Die kursus word aangebied deur ‘n geakkrediteerde opleidings verskaffer. Studente ontvang teoretiese, sowel as praktiese opleiding binne ‘n minimum tydperk van 50 opleidings dae, waarna suksesvolle studente ‘n geakkrediteerde veldgids kwalifikasie ontvang.

Die kursus is uiters besonders, omdat dit ‘n breë spektrum dek. Met hierdie kwalifikasie is daar min dinge in die lewe wat jy nie kan doen nie!

Die opleiding vind hoofsaaklik op Grensplaas plaas, ‘n privaat wildsplaas, maar ons besoek ook ander plekke in die Kimberley omgewing nl. die Mcgregor Museum, Kimberley se Groot Gat, Magersfontein slagvelde, Orania, Wildebeest Kuil, en ander interessante besienswaardighede.

Veldgids Kursus leermateriaal bestaan uit die volgende:

• Inleiding tot gidswerk in die natuurlike omgewing
• Skep van ‘n begeleide Avontuur in die natuur
• Geologie
• Astronomie
• Weer & Klimaat
• Ekologie
• Taksonomie
• Biome
• Bome van die omgewing
• Grasse van die omgewing
• Geleedpotiges (insekte en meer)
• Amfibieë
• Reptiele
• Visse
• Voëls
• Soogdiere
• Diere se gedrag
• Bewaring en menslike geskiedenis

Hierdie opleiding strek oor ‘n tydperk van ongeveer 50 dae, waar intensiewe aandag aan bogenoemde gegee word. Ons bevorder ook vaardighede soos leierskap, kommunikasie en kweek ‘n positiewe uitkyk in elke persoon se daaglikse denkwyse. Ons kweek dus ‘n LEEFSTYL!

Dis ‘n kursus PROPVOL interessanthede!